In vitro evaluering van 2-metoksie-estradiol-bis-sulfamaat op selgroei, morfologie, selsiklus en die moontlike induksie van tipe seldood in ’n esofagus karsinoom senyn

Authors: T.V. Mqoco1; S. Marais1; A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: T.V. Mqoco
Postal address: PO Box 2034, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Mqoco, T.V., Marais, S. & Joubert, A.M., 2013, ‘In vitro evaluering van 2-metoksie-estradiol-bis-sulfamaat op selgroei, morfologie, selsiklus en die moontlike induksie van tipe seldood in ’n esofagus karsinoom senyn’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #814, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.814
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
In vitro evaluation of 2-methoxyestradiol-bis-sulphamate on cell growth, morphology, cell cycle progression and possible induction of types of cell death in an oesophageal carcinoma (sno) cell line. Autophagy and apoptosis were induced and therefore suggests a link between two types of cell deaths induced by this compound.

Inhoud
Esofagus plaveisel karsinoom is een van die mees algemene kankers wat swart Suid-Afrikaanse mans bëinvloed. Middels met ’n verbeterde ani-kanker potensiaal word tans ondersoek. 2-Metoksie-estradiol-bis-sulfamaat (2-MeOE2bisMATE) is ’n bis-sulfamoïeleerde derivaat van 2-metoksie-estradiol (2ME2) wat selgetalverminderde effekte in vitro en in vivo uitoefen. Verskeie vrae bly onbeantwoord oor die seintransduksieweg en die presiese meganisme van aksie van 2-MeOE2bisMATE. Die doel van hierdie in vitro studie was om die in vitro van 2-MeOE2bisMATE op selgetalle (kristal violet kleuring). Morfologie (polarisasie-optiese differensiële inmenging kontras [PlasDIC] en ligmikroskopie), tubulien strukture (β-tubulien toets) en die moontlike induksie van apoptose en autofagie (fluoressente mikroskopie en vloeisitometrie) in die esofagus karsinoom (SNO) selle te evalueer. ’n Dosis- en tyds-afhanklike studie (0.2-1.0μM) is uitgevoer met ’n blootstelling tyd van 24 h, 48 h en 72 h. Duidelike effekte is waargeneem na 24 uur blootstelling met 2-MeOE2bisMATE by ’n konsentrasie van 0.4 mikro-molaar. Eienskappe van apoptose, insluitende membraan uitstulping, ’n metafase blok en apoptotiese liggame is waargeneem deur middel van ligmikroskopie en PlasDIC. Fluoressente mikroskopie het aan die lig gebring dat 2-MeOE2bisMATE beide apoptose en autofagie (verhoogde lisosomale kleuring) in die SNO sellyn induseer. Tubulien strukture is ontwrig in 2-MeOE2bisMATE–behandelde selle. Vloeisitometrie analise het gedui op ’n toename in die sub-G1 fraksie (teenwoordigheid van apoptose) van 2-MeOE2bisMATE-behandelde selle in vergelyking met die oplosmiddel- behandelde selle (kontrole). Die induksie van beide autofagie en apoptose in SNO selle is ’n nuwe waarneming en dui op ’n skakel tussen die twee tipes seldood wat deur hierdie verbinding veroorsaak word. Toekomstige studies is dus geregverdig en sal bydra tot die bekendmaking van die aksie meganisme van hierdie verbinding ten einde teikens te identifiseer in die stryd teen kanker.