About the Author(s)


Caitlin A. Hunter Email
Department of Geography and Environmental Studies, Stellenbosch University, South Africa

Sanette L.A. Ferreira symbol
Department of Geography and Environmental Studies, Stellenbosch University, South Africa

Citation


Hunter, C.A. & Ferreira, S.L.A., 2017, ‘Ontwikkeling van wyntoerisme in Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 36(1), a1460. https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1460

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27–28 October 2016, North-West University, South Africa. Organising committee: Mr Rudi Pretorius (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]); Dr Andrew Swarts (School of Physical and Chemical Sciences, North-West University).

Referaatopsomming

Ontwikkeling van wyntoerisme in Suid-Afrika

Caitlin A. Hunter, Sanette L.A. Ferreira

Copyright: © 2017. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract

Wine tourism development in South Africa. Wine tourism is a form of special-interest tourism. The phenomenon is growing and developing on a global scale and is considered a driver of economic and social development in rural areas. Wine routes confirm the link between wine and tourism and the potential role that it can play in regional development.

Wyntoerisme is ’n gespesialiseerde vorm van toerisme (Bruwer 2003). Op globale skaal het wyntoerisme die afgelope paar jaar sodanig gegroei dat dit as aandrywer van ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling in landelike gebiede beskou word (Ferreira & Muller 2013). Wyntoerisme word gedefinieer as besoeke aan wingerde, wynkelders, wynfeeste en wynskoue, waartydens wynproe en/of die ervaring van die eienskappe van druiwe- en wynstreke as motivering vir besoekers dien (Hall & Macionis 1998). Wyntoerisme, as vorm van gespesialiseerde toerisme, is ‘n sterk en steeds groeiende verskynsel in Europa, asook in die ‘Nuwe Wêreld’ (Argentinië, Chili, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Verenigde State van Amerika, ens.). Wyntoerisme is ‘n toenemend belangrike komponent van die streeks- en landelike toerismeprodukte van hierdie lande, met die ontwikkeling van wynroetes wat die verband bevestig tussen wyn en toerisme, asook die potensiële rol van hierdie bedryf in plaaslike ontwikkeling.

Wyntoerisme is een van die vinnigste groeiende en mees winsgewende sektore van die globale toerismemark (Williams 2015). In 2009 het wyntoerisme ’n geraamde R4.3 miljard tot Suid-Afrika se toerisme-inkomste bygedra (Williams 2015). Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is een van die oudstes buite Europa, aangesien die eerste wingerde reeds in die 1650’s aangeplant is. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is wel geografies meer gekonsentreerd as in die meeste ander wynlande: 95% van die land se 105 000 ha wyndruifwingerde is in die Wes-Kaap waar beide wyn- en toerismeprodukte in ’n radius van 100 km – 200 km vanaf Kaapstad aangetref word (Bruwer 2003). Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is die agtste grootste in die wêreld, gemeet volgens totale volume wyn (insluitende distillate en sap), maar die elfde grootste in terme van tafelwynproduksie. Volgens die Suid-Afrikaanse Wynbedryf-inligting en -stelsels (SAWIS), het die Suid-Afrikaanse wynbedryf (insluitende wyntoerisme, -produksie, -handel, asook die gasvryheidsbedryf) R36.1 miljard in 2013 gegenereer, en sodoende 1.2% tot die land se Bruto Binnelandse Produk bygedra (Williams 2015).

Beperkte werkgeleenthede en werkloosheid is ‘n werklikheid in baie lande, ook in Suid-Afrika, met werkloosheidsyfers wat in 2014 met 25.5% gestyg het. Hierdie syfer dui daarop dat in 2014 reeds 5.2 miljoen mense in Suid-Afrika werkloos was. Dit is dus belangrik vir enige sektor – ook die wyntoerismesektor – om tot die ontwikkeling van werksgeleenthede by te dra. In dié verband het die Suid-Afrikaanse wynbedryf in 2013 ongeveer 300 000 werksgeleenthede geskep (Williams 2015). Afgesien van werksgeleenthede, is nywerhede, korporasies, maatskappye, organisasies, ensovoorts, onder toenemende druk om ‘n maatskaplike bydrae te lewer en op ‘n maatskaplik verantwoordelike manier op te tree. Dit kan gedoen word deur beginselvaste morele bestuur, ondersteuning van liefdadigheidsorganisasies en die openbaring van etiese gedrag, wat toenemend ook op die wyntoerismesektor betrekking het.

Literatuurverwysings

Bruwer, J., 2003, ‘South African wine routes: Some perspectives on the wine industry’s structural dimensions and wine tourism product’, Tourism Management 24, 423–435. https://doi.org/10.1016/S0261-5177(02)00105-X

Ferreira, S.L.A. & Muller, R., 2013, ‘Innovating the wine tourism product: Food-and-wine pairing in Stellenbosch Wine Routes’, African Journal for Physical, Health Education, Recreation and Dance (AJPHERD), September (Supplement 1), 72–85.

Hall, C.M. & Macionis, N., 1998, ‘Wine tourism in Australia and New Zealand’, in R.W. Butler, C.M. Hall & J.M. Jenkins (eds.), Tourism and recreation in rural areas, John Wiley & Sons, Chichester, 197–221.

Williams, M., 2015, Macro-economic impact of the wine industry on the South African economy (also with reference to the impacts on the Western Cape) Version 3, SAWIS, Cape Town.