About the Author(s)


L. van der Walt Email
Department of Computer Science and Informatics, University of the Free State, South Africa

How to cite this abstract: Van der Walt, L., 2016, ‘Mobiele besluitnemingsonder-steuningstelsel’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 35(1), a1409. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1409

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 29–30 October 2015, University of the Free State, South Africa. Organising committee: Mr Rudi Pretorius and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation (NECSA); Dr Ernie Langner and Prof Jeanet Conradie (Department of Chemistry, University of the Free State).

Referaatopsomming

Mobiele besluitnemingsondersteuningstelsel

L. van der Walt

Copyright: © 2016. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract

Mobile decision support system. This project aims to build a fully functioning mobile system that can complete daily business tasks and to make more advanced technology easier and faster available to employees. An MDS system that enables a user to make quick decisions and shows valuable information is a big benefit to a business.

Hierdie projek is uitgevoer ter ondersteuning van ’n konsepidee vir die gebruik van programme vir mobiele toestelle om die besigheidsprosesse van ’n onderneming te vergemaklik. Vanweë vandag se vinnig groeiende mobiele tegnologiemark, is die uitgangspunt dat dit nie ongewoon vir individue is om ’n beduidende hoeveelheid van hulle daaglikse take op ’n mobiele toestel soos ’n selfoon te voltooi nie.

Baie ondernemings moet hulle werknemers as verteenwoordigers na kliënte stuur om sake te kan doen. Hierdie werknemers moet gewoonlik eers ’n onderhoud met die kliënt voer en dan na hul kantore terugkeer om die ingewinde inligting te verwerk, voordat verdere skakeling met kliënte moontlik is.

Die werknemers of verteenwoordigers dra nie noodwendig al die nodige inligting saam met hulle nie en dit is gevolglik baie keer onmoontlik om die kliënt met die eerste besoek volledig te kan help. Dit gebeur dus gereeld dat die werknemers na hulle kantoor moet terugkeer om verdere inligting in te win of om ’n rekenaarstelsel te raadpleeg vir die nodige data.

Ongelukkig bestaan daar nie slegs een mobiele bedryfstelsel nie. Daar moet dus voorsiening gemaak word in die program wat geskep word om in al die hoofbedryfstelsels te kan funksioneer, alvorens hierdie projek as ’n sukses beskou sal kan word. Die voorgestelde projek is gebou in Xamarin (2015), wat toelaat dat die kode vir die program in C# geskryf kan word. Hierdie kode kan dan op Android, IOS en Windows gebruik word.

Die program sal gebruik word om werknemers die vermoë te gee om toegang te kry tot hul maatskappy se inligting vanaf enige plek waar daar internet-toegang moontlik is. Mobiele toegang tot die maatskappy se hulpbronne verminder die tyd waarin ’n werknemer inligting verwerk en aan ’n kliënt terugvoer kan verskaf.

Deur die mobiele besluitnemimgsondersteuningstelsel-program (MBOS) te gebruik, kan nuwe werknemers met die minimum opleiding en dienstyd vinniger ’n bate vir ’n onderneming word, veral as daar ’n hoë vlak van institusionele kennis van die onderneming benodig word om effektief te kan funksioneer. Die voorgestelde program verskaf vir die onderneming ’n werkswyse om al die nodige kennis deur middel van die program beskikbaar te stel en die werknemer sodoende in staat te stel om al die besluite te neem op grond van die terugvoer ontvang vanaf die MBOS.

Vir hierdie projek, en om die nodige bewyse te verskaf dat die konsep wel werk, is die databasis van ’n tweerigtingradio-maatskappy gebruik. Die maatskappy bedryf ’n radioherleier-stelsel oor ’n groot deel van die suid-Vrystaat waar ’n duidelike behoefte is om so ’n stelsel te implementeer.

Voordele van MBOS:

  • Verkort opleiding van maatskappyverteenwordigers
  • Verminder menslike foute met berekenings
  • Een sentrale databasis met intydse opdatering
  • Intydse verslae beskikbaar oor werknemeraktiwiteite
  • Verhoogde en meetbare produktiwiteit van maatskappy
  • Meetbare kliëntediens
  • Algemene beskikbaarheid van toegang vanweë selfoonnetwerk

Literatuurverwysings

Xamarin, 2015, Xamarin, viewed 14 October 2015, from http://xamarin.com/platform